Gansbaai Courant

Blog: Risiko van oop vensters & deure

Published: 04 March 2016
By:Hardus Botha

‘n Inwoner van Meyerstraat in Franskraal en haar eggenoot was rustig besig in hul huis, maar die voorstoep se deur was nie gesluit nie. Toe hulle wou ry, het sy met ‘n skok besef haar handsak is leeg - gestroop van beursie en bankkaarte. “Iemand moes ons dopgehou het, of het verbygestap en ‘n kans gewaag,” het sy gesê. “Dit moes baie vinnig gebeur het, aangesien ons bykans op pad was om te ry en ons net vir daardie paar oomblikke in die huis besig was.” Sy sê hulle is ook bekommerd oor ‘n lang man met ‘n kind by hom wat tans in Franskraal rondloop. Die tweede geval was dié van Boetie Bosman van Gansbaai. “Ek het verlede Vrydagaand gaan slaap en die boonste venster op ‘n skrefie oopgelaat vir vars lug,” vertel hy. “Omstreeks 3-uur Saterdagoggend het ek wakker geword van ‘n gevroetel en ‘n man baie naby my bed gesien staan en hy was al besig om die deur oop te sluit.” Boetie sê hy het die man duidelik in “Afrikaans gegroet” en gevra wat dink hy doen hy. Die man het nie ‘n woord gesê nie en was ook nie aggressief nie, maar het net weggehardloop. Boetie se een been is ge-amputeer en hy kon nie die man agterna sit nie. “Ek was wel betyds om te sien dat hy in ‘n rooi bakkie wegry.” Boetie sê die man is buitengewoon donker van velkleur en was baie netjies in swart geklee. Etlike berigte in die verlede is al deur Gansbaai Courant op versoek van Gansbaai SAPD geplaas om uiters versigtig te wees met die onskuldige ooplaat van deure of vensters, selfs met die huismense wat tuis is. Dit bly steeds ‘n risiko, al is daar mense in die huis. Gansbaai SAPD se kontaknommer is 028-384-0201.

Hardus Botha

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...