Munisipale Hof wys Tande

Munisipale Hof wys Tande

Gansbaai Courant

Die historiese ou Dorpskombuis hoekgebou se eienaars is deur die Munisipaliteit gedagvaar om op 17 Februarie voor die Addisionele Hof (Munisipale Hof) te verskyn. Hul het egter nie opgedaag nie en gepaste geregtelike optredes het reeds in aanvang geneem. Dit volg op verskeie munisipale versoeke om die gebou te herstel óf 'n nuwe ontwikkeling daar te stel. Die gebou is bouvallig, ingeneem deur ongemagtigde betreders, skep 'n slaapplek vir haweloses en is gevolglik ook 'n gesondheids- en sosiale probleem. Die bouval doen esteties ook afbreek aan die hele gebied. "Die munisipaliteit is al sedert die sluiting van die suksesvolle Dorpskombuis bakkery en pastei besigheid besig om die situasie aan te spreek.

Ongelukkig moes dit deur die Landdroshof geskied maar met die koms van die nuwe Addisionele Hof op 1 November 2015 het die omstandighede verander. Dit het 'n nuwe dimensie gegee aan die toepassing van wette wat praktyke soos ongemagtigde bou aktiwiteite en oortreding van die grondgebruik-reëls aanspreek," het mnr Francois Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie, gesê. Die Dorpskombuis-saak is tans sub judice en die munisipaliteit mag dit nie bespreek nie.

Ontwikkelaars en eienaars wat historiese geboue wil herbou óf omskep loop hul egter gereeld vas teen Erfenis Wes-Kaap. Enige gebou ouer as 60 jaar mag nie verander word sonder hul goedkeuring nie. In die geval van die Dorpskombuis mag die hoekgedeelte van die gebou se gewel en dakvorm nie afgebreek word nie. Die dakplate mag wel verwyder word maar die onafgewerkte dun populierpale wat as balke dien, moet glo bly. Die sinkdak is vrot en moontlik ook die balke.

Francois de Jongh

Munisipale Hof wys Tande

Bakhuis Kook Oor

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant