Gansbaai Courant

Blog: Spookbestuurder ongedeerd

Published: 11 March 2016
By:Francois de Jongh

Verlede week se spookmotor, wat die Maandag naby Grootbos in die veld beland het, se eienaar, Quinton Bouwer, het Maandag ongedeerd by die Courant kom gesig wys. Volgens hom was hy die betrokke oggend op pad na Kaapstad toe 'n motor reg van voor in die verkeerde baan op hom afgepyl het. Hy het uitgeswaai en die pad verlaat. Hy het dit by die polisie aangemeld wat hom glo eers na Stanford Polisiestasie verwys het.

"My motor kon nie weggesleep word sonder toestemming van my versekeraars nie en dit het tot die verwarring gelei. Die nooddienste moes in kennis gestel gewees het, dan sou hulle nie onnodig na die toneel uitgejaag het nie. Quinton, was eers van Gansbaai maar woon nou in Kraaifontein. Hy bou spoorlyne in Saudi Arabië en is tans met verlof.

Francois de Jongh

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...