Gansbaai Courant

Vrae oor vereistes met nuwe bootradio

Vrae oor vereistes met nuwe bootradio

Gansbaai Courant

Enige persoon van wie vereis word om die korrekte bootradio aan te skaf gaan met ‘n paar vrae gelaat word.

Daar is eerstens ‘n aansienlike koste daaraan verbonde, maar dis nie al probleem nie. Daar is ander aspekte wat in gedagte gehou moet word. Die groot vraag is watter keuses  toegepas kan word.

Indien jy van die beste kan bekostig en dit wil doen is jou probleme verby want dit sal ‘n ingeslote GPS-stelsel insluit. Om te verseker dat jou nuwe radio voldoen aan die nuutste vereistes, skakel na kanaal 70   --  DSC moet dan verskyn.

Daar is wel ‘n ander opsie. Kry die radio (met die noodknoppie). In tyd van nood is dit die knoppie wat jy druk en deur middel van die radio gee jy dan jou posisie aan volgens jou eie GPS.

Oor twee jaar sal daar vereis word  dat jy ten volle voldoen aan die vereistes, dus ‘n radio met DSC en die nodige kanale. 

Wat is vir jou huidiglik die beste keuse?  Nog ‘n vraag is watter lugdraad gebruik kan word wat effektief is in die area waarin jy gaan opereer. (Die ware Jakob wat jy ook kan aankoop behoort oral effektief te wees.)

Om saam te vat, dit gaan dus oor opsie een, ‘n draadloos met ‘n ingeboude GPS-stelsel, of die ander opsie,’n draadloos met jou eie GPS en jy dan self jou koördinate sal moet weergee. Klink vreeslik.

Na die naweek se kant was daar ‘n weerverandering en die moontlikheid van nog geelbek nie uitgesluit nie. Daar is ook mooi makriel gevang wat die storie nog interesssanter maak.

 Groete, Seemeeu

Vrae oor vereistes met nuwe bootradio

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant