Gansbaai Courant

Blog: Hannah Titus

Published: 01 April 2016
By:Chris en Petra van Rensburg en Personeel OK Foods

Hannah Titus se afsterwe laat ‘n groot leemte by OK Foods Gansbaai. Sy het tydens ons jaarlikse voorraadopname op Sondagmiddag ‘n beroerte gehad en Maandagoggend in die vroeë oggendure gesterf.  Sy was 12 jaar in ons diens by OK Foods.

Hannah is gebore en getoë op Ladismith, Wes-Kaap waar haar familie steeds woon.  Sy en Pieter Martin, of soos almal hom ken as Pietertjie van die Slaghuis, was lewensmaats.  Hannah was baie vining en akkuraat in haar werk en almal moes omtrent bontstaan en kon nie vining genoeg hul werk doen nie – anders het ons raasgekry.  ‘n Uitstaande kenmerk was die feit dat kliënte altyd eerste gekom het in Hannah se oë en moes dadelik en stiptelik gehelp word en natuurlik het niemand Hannah se pienk lippies gemis nie.  Dankie Hannah – jy was ‘n stêr in ons besigheid.  Ons neem met ‘n traan afskeid van jou!

Chris en Petra van Rensburg en Personeel – OK Foods

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...