Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Ses vrolike jongmense het Vrydagaand die sonsondergang vanaf Sopieshoogte se uitkykpunt gaan geniet, maar was kort daarna in 'n ernstige ongeluk. Jonathan (Jono) van Greunen (23) se Ford Siesta het op pad terug na Uilenkraalsmond, waar almal vir die langnaweek was, op 'n draai sowat 3 km vanaf die R43 kruising die gruis aan die linkerkant van die pad getref.
Jono het beheer oor die voertuig verloor, dwars oor die pad gegly, 'n wal getref en gerol. Vier van die insittendes het uit die voertuig geval.
Calvin Olivier (17) van Gansbaai het ernstige nekbeserings opge-doen en word tans in Grootte Schuur Hospitaal behandel. Van Greunen het soortgelyke beserings opgedoen en is in 'n kritieke toestand in die Vincent Pallotti Hospitaal. Coleen Bester (16) het bloeding op die brein opgedoen en is tans stabiel in die Vergelegen Mediclinic by Somerset-Wes, terwyl Dennis Henderson (21) van Vyeboom, Zahné van Rensburg (16) van Robertson en Adriaan Venter (17) van Durbanville reeds uit die hospitaal ontslaan is.
Francois de Jongh
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...