Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Op Saterdag, 16 April 2016 om 9:00 kom dertig manne bymekaar van so ver as Kaapstad, Somerset-Wes, Stellenbosch, Kleinmond, Langebaan en Gansbaai om deel te hê aan ‘n Draai seminar gereël deur Hannes Lüdick, Voorsitter van die Gilde in Kleinbaai.
Die lede van die Overberg Houtdraaiers Gilde en gaste het uitgesien om twee kenners wat van die Kaap afgekom het se demonstrasies, wenke en handewerk te besigtig.
Gert Ferreira het klein items uit hout gedraai en versier met goed soos skroefies, ”studs,” ens, asook brandwerk lood en brass inlegwerk.
Peter Nicolle het die lede verstom met sy aanbieding oor die verskillende metodes en maniere om gedraaide hout bakke te versier met “Gold Leaf”. Hy het ook die werk gekombineer met houtsneewerk en Phyrographics (Houtbrandwerk). Hy het ook vir hulle gewys om verskillende tegnieke te gebruik.
Beide hierdie twee aanbieders het ‘n heel ander vorm en dimensie gegee aan die gewone draaiwerk. Die artikels wat hulle saamgebring het was van die hoogste gehalte en die kunswerk daaraan was uitstekend.
Die seminar was ‘n groot sukses, en die manne het aangedui dat daar weer so een gereël kan word.
Die Overberg Houtdraaiers Gilde kom elke 2de Donderdag van die maand bymekaar in Kleinbaai om 16:00. Tans het hulle ‘n ledetal van 23 waarvan 6 van Hermanus, 2 van Kleinmond en 1 van Langebaan is.
Indien daar enige navrae is oor die Gilde kan Hannes Lüdick gekontak word by 081 271 2312 of 028 38 41170.
Enige person is welkom om aan te sluit.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...