Gansbaai Courant

Blog: Nie te laat vir Kiesersregistrasie nie

Published: 06 May 2016
By:Hardus Botha

Verlede naweek was dit die “laaste” geleentheid vir landsburgers om vir die komende Provinsiale verkiesing te kon registreer. Die goeie nuus is egter dat daar steeds direk by OVK / IEC kantore (in hierdie omgewing se geval is dit in Hermanus) geregistreer kan word en wel tot en met 23 Mei vanjaar - dit is die datum waarop die stemdag van 3 Au-gustus geprokla-meer gaan word. Tydens verlede naweek by die Pretoriussaal het enkele opgewonde jonger mense hul opwagting by die DA (die enigste party wat van hulle laat hoor het) se tafel gemaak, soos Ferdinand Damon, Natasha Valentine, Eaton Hill en Nic Mathosi.

Twee ander jongmens het rede tot nog groter vreugde gehad - hulle kon vir die eerste keer in hul lewens registreer om hul kruisies op 3 Augustus vanjaar te kan trek: Ian en Lindi Swart.

Om vas te stel waar u tans geregistreer is, SMS u ID-nommer na 32810.

Hardus Botha

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...