RESENSIE Groente van tuin tot tafel

RESENSIE Groente van tuin tot tafel

Gansbaai Courant

OUTEUR: Wynand Boshoff
ISBN: 978 0 7993 6844 4
PRYS: R150,00

Versamel rommel, kweek kos! Op 31 Maart 2016 het ’n aantal mense van Atlantis ’n kostuin gebou wat vir 15 jaar lank vrugbaar sal wees en dit het nie ’n sent gekos nie. Wynand Boshoff het voorgevat met die graaf, met die optel van rommel en versamel van indringerplante se blare; dit alles om gestremde mense van kos te voorsien. Klik hierdie skakel vir talle foto’s en ’n beskrywing van die tuinmaakproses:

http://blogs.litnet.co.za/devries/2016/04/04/kry-kos-uit-die-rommel/

Wynand Boshoff is ’n aktivis. Hy glo in stedelike landbou – en meer nog, hy glo dit is tyd om mense weer te leer hoe om hulle eie kos te kweek sonder om jou sak te skud en duur te betaal daarvoor.

Wynand het ingestem om opleiding te verskaf aan ’n Gideonsbende in Atlantis wat almal wil deel wees van ’n opbouprojek. Atlantis is brandarm en werkloosheid is enorm. Toe LAPA by Wynand wou weet wat om te koop vir die opleiding, was sy woorde: “Verkieslik niks.”

Die groepie het rommel opgetel, blare van die sypaadjies gaan opvee en indringerplante se takke gaan stroop. Uiteindelik is die tuin bedek met dekriet, ’n inheemse grassoort wat baie vinnig weer teruggroei ná dit geoes is.

In hierdie volkleurboek, Groente van tuin tot tafel, moedig Wynand enige een aan om dieselfde te doen. Versamel rommel, maak tuin uit dit wat ander weggooi en word deel van ’n stedelike landbourevolusie.

Jy hoef nie die siertuin te laat gaan nie. Baie mense kies ’n leefstyl wat ’n mooi versorgde tuin insluit. Goed so, antwoord Wynand, maar laat hy jou dan help om kos te kry uit jou pragtige tuin. Waarom nie bydra tot ’n stedelike landbourevolusie nie?

Groente van tuin tot tafel leer jou hoe om jou eie groente te kweek, of jy nou ryk of arm is.

Dit is ’n volkleurboek, pragtig uitgelê en propvol nuttige inligting oor verskeie aspekte van groenteverbouing, insluitend grondvrugbaarheid, bemesting, waterbehoeftes, wisselbou en plantmaats, asook natuurlike plaagbeheer. Die res van die boek gee wenke oor die opbou van ’n groentetuin wat jou leefstyl sal pas – of dit ’n formele groentetuin in ’n hoek van die erf is, of ’n geïntegreerde tuin sonder onderskeid tussen sierlike en nuttige plante hou.

RESENSIE Groente van tuin tot tafel

Lapa Uitgewers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant