KNAP SPEURWERK LEI TOT ARRESTASIES

KNAP SPEURWERK LEI TOT ARRESTASIES

Gansbaai Courant

Die reeks arrestasies gedurende die bestek van minder as twee weke is die resultaat van uitstekende speur- en opvolgwerk deur Gansbaai SAPD se uniform- en speurtakke. Die een arrestasie ná die ander, wat verbasend genoeg op een na met mekaar verbind kon word, het gelei tot vier sake gedurende hierdie week waarvan die verdagtes in die hof moes verskyn.

Op Donderdag, 26 Mei 2016 is ‘n klagte oor ‘n huisbraak in Pearly Beach deur Gansbaai SAPD ontvang en opgevolg. Die huiseienaar het wakker geword terwyl daar by hom ingebreek is. AO Grové het die ondersoek gelei en waardevolle inligting is deur die eienaar aan haar verskaf wat tot die inhegtenisname van ‘n verdagte gelei het. Ayanda Dlova (29) het op 30 Mei 2016 in die Bredasdorphof op aanklag van twee huisbrake en die besit van gesteelde goedere verskyn. Borg is opponeer en die saak is vir borgaansoek uitgestel, terwyl hy in aanhouding sal bly.

Voortspruitend uit hierdie saak is gesteelde goedere ter waarde van sowat R50,000 in  Eluxolweni gevind. ‘n Verdere saak vir die besit van gesteelde goedere is daarna geopen. Altwee die sake, huisbraak en die besit van gesteelde eiendom, is gelyktydig tydens die hofsaak hanteer. Een van die verdagtes word met nog twee inbrake gedurende die laaste week in Pearly Beach verbind. Nog was dit het einde  niet. Voortspruitend uit bogenoemde arrestasies is daar beslag gelê op ‘n selfoon wat in Chantal Sauls (29) se huis in Eluxolweni in haar besit gevind is. Sy is ‘n vriendin van een van die ander verdagtes en die saak hou ook verband met die huisbraak in Pearly Beach. Die vrou was swanger en het in Gansbaai SAPD kraampyne ondervind en is op Vrydag, 27 Mei 2016 na Hermanus hospitaal geneem, nadat borgtog aan haar toegestaan is. Haar saak is tot 7 Junie 2016 uitgestel. Steeds in dieselfde sake en arrestasies het een van die verdagtes beweer dat hy gesteelde goedere van Temba Janga ontvang het. Hierdie aantyging is opgevolg, maar Themba het dit ontken en op daardie stadium kon hy weens onvoldoende bewyse nie gearresteer word nie. Gedurende die afgelope naweek het ‘n inwoner van Eluxolweni geskakel en konst Kutwane en konst Desemle is daarheen, met konst Desemle wat die arrestasies gedoen is. Themba Janga (24) kon toe wel saam met Mlulani Mayiseli (29) gearresteer word. Hulle het op Dinsdag, 31 Mei 2016 in die Bredasdorphof verskyn, waar borgtog opponeer is. AO Vermeulen is in hierdie geval die ondersoekbeampte. Sp.Kapt. Danie Rautenbach het gesê vingerafdrukke van al die verdagtes is met inbrake in Pearly Beach verbind. “Terwyl al die verdagtes gedurende hierdie tyd agter tralies was, was daar nog steeds inbrake in Pearly Beach,” het Sp.Kapt Rautenbach gesê. “Dit dui daarop dat daar nòg groepe uitstaande is wat met inbrake besig is.” Gansbaai SAPD kan by 028-384-0201 geskakel word.

AO Le Roux versoek dat eienaars van gesteelde goedere, waarvan daar baie is (ingesluit fietse), hom vooraf by 028-384-0201 kan kontak vir die besigtiging daarvan.

Hardus Botha

KNAP SPEURWERK LEI TOT ARRESTASIES

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant