Gansbaai Courant

Blog: Het jy die beste Pa ooit?

Published: 24 June 2016
By:Gansbaai Courant

Die Gansbaai Toerismekantoor is op soek na die Gansbaai-pa wat vanjaar met die titel “Beste Gansbaai Pa” kan wegstap. As jy dink jou pa is die beste pa ooit, kan jy dit op verskillende maniere wys, deur ‘n sin, ‘n paragraaf of ‘n getekende prentjie by die Toerismekantoor te gaan afgee. Inskrywingsvorms is daar beskikbaar, teen ‘n skamele R5 per inskrywing en pryse word toegeken aan die wenner en sy/haar pa. Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 16 Junie en die wenner sal twee dae voor Vadersdag, Vrydag 17 Junie, aangekondig word.  Betyds vir jou om dit toe te draai vir Vadersdag wat vanjaar op 19 Junie val en jou pa behoorlik te verras. Meer inligting kan verkry word by die Gansbaai Toerismekantoor wat by Superspar se parkeerterrein geleë is of skakel  Doulene by 028 384 1439.

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...