Eenheid rondom die Nagmaaltafel

Eenheid rondom die  Nagmaaltafel

Gansbaai Courant

“Iemand het eendag gesê liefde en harmonie tussen Christene is eintlik ‘n stukkie hemel op aarde,” het ds Dirk van Dyk tydens ‘n gesamentlike Nagmaaldiens by die VGK-gemeente in Blompark gesê. “Die bediening van die Heilige Nagmaal is soos ‘n ‘voorgereg’ tydens ‘n ete en die hoofdoel met vandag se gesamentlike Nagmaaldiens is om eenheid tussen gelowiges oor grense heen te bevorder.”

Ds van Dyk het sy boodskap op Eff 2 baseer, met die klem op Eff 2:19.

“Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar mede-burgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God.” Hy het ook na die spreekwoord: “Jy kan jou vriende kies, maar nie jou familie nie,” verwys, bedoelende dat eenheid tussen gelowiges ‘n “outomatiese” resultaat behoort te wees, ongeag verskillende denominasies. “Die begrip ‘broer/suster’ waarna Paulus verwys, beteken eintlik dat gelowiges nóg nader as naasteliefde aan mekaar moet wees,” het hy gesê.

Die VGK-kerkgebou was stampvol en die kore wat opgetree het, het verdere luister aan die gewyde atmosfeer verleen: Die kore was Gansbaai NGK-koor, VGK-kerkkoor en die Visser-susters.

Eenheid rondom die  Nagmaaltafel

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant