Miss Teen bring haar kant

Miss Teen bring haar kant

Gansbaai Courant

Miss Teen Commonwealth SA 2016, Alissa Coetzee (16) van De Kelders, is stewig op pad na die “Grand Finale” op 2 Julie 2016 in Pretoria. Sy is druk besig met haar projekte en die “Food Drive” projek wat sy geïnisieer het.

“Ons het Vrydag begin met ‘n ‘Food Drive’ vir Camphill School Hermanus in die Hemel-en-Aarde-Vallei,” vertel haar ma, Adéle Coetzee. “Gansbaai OK Foods het goedgunstelik ingestem om ‘n trollie beskikbaar te stel waarin almal die nodige goedere kan plaas.” Produkte soos rys, samp, langlewe melk en geblikte items soos groente, sardiens in tamatiesous en sousboontjies sal veral welkom wees.

Alissa is ‘n Miss Teen Commonwealth SA 2016 Finalis onder die Top 29 meisies, nadat een onttrek het. Alissa se ouers is André en Adéle Coetzee van De Kelders en sy is ‘n Gr 11 leerder aan Hoërskool Hermanus en ‘n gebore Gansbaaier. “My liefdadig-heidsorganisasie waarby ek aktief betrokke is, is die Butterfly Centre in Stanford, maar ek het onlangs ook ‘n oorhandiging aan Camphill School gedoen,” vertel Alissa. “Ek is mal oor kinders en geniet dit om vrywilligerswerk by die skole te doen.” Sy het ook onlangs motiveringspraatjies by Laerskool Gansbaai en Gansbaai Primêr in Blompark gelewer. “Tot nou toe is ek baie geseënd met al die mense wat my borg en ook geld aan die Butterfly Centre geskenk het,” vertel sy.

Hierdie kompetisie gee die meisies die geleentheid om hul leierskapeienskappe, modelering en openbare optredes uit te bou. Wat baie belangrik is, is dat alle deelnemers die geleentheid moet gebruik om ‘n verskil in hul gemeenskappe te maak.

Miss Teen bring haar kant

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant