Ons eie Cornie Swart lewer kommentaar oor weerstoestande

Ons eie Cornie Swart lewer kommentaar oor weerstoestande

Gansbaai Courant

Daar is tekens dat die El Niño-weerverskynsel begin verswak, maar die gevolge van laat reën en warm temperature in die huidige primêre produksietydperk van ons wintergraan- en weidingsgewasse kan steeds gesien word.

Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê dit bring sekere uitdagings mee wat bestuur moet word: genoeg water vir mens en dier vir die huidige en die volgende seisoen; genoeg veevoer om sowel klein- as kommersiële veeprodusente aan die gang te hou; potensiële oesverliese en die verlies aan roumateriaal om die waardeketting aan die gang te hou om voedsel vir die verbruiker te produseer; primêre produsente, sowel as ondernemings wat van primêre produsente afhanklik is, te midde van ekonomies druk aan die gang te hou; skuld wat vir die nuwe seisoen aangegaan is terwyl daar nog oorlaatskuld van 2015 is.

Hy sê die droogte is besig om ‘n rimpeluitwerking deur die totale ekonomie te hê met voedselpryse wat styg, voedselinflasie wat toeneem en die landbou se skuld vs batestruktuur wat besig is om negatief te raak.

Cornie Swart van De Kelders, President van Agri Wes-Kaap, sê saaiboere het groot uitgawes aangegaan om gewasse in die grond te kry.

“Ons gesaaides kry swaar. Produsente wat nog nie geplant het nie, het bloot nie vanjaar genoeg kapitaal nie.  

Verlede jaar se slegte oes het ons kapitaal uitgeput,” sê hy.

Hy sê die reën wat wegbly is tragies en dat die potensiaal van beskikbare weiding elke dag swakker word en voer amper onbekostigbaar ge-word het.

“Oor twee weke is ons reeds in die middel van die winter. Die huidige warm toestande veroorsaak ook dat vrugte-bome blom voordat hulle behoorlik in ‘n rustydperk kon ingaan.

As ons nou ryp kry en die blomme afval, vorm nuwe, tweedegraadse blomme wat swakker kwaliteit vrugte tot gevolg kan hê.

In die Weskus-distrik waar temperature steeds hoog is, het wingerde ook al begin bot,” sê hy.

Ons eie Cornie Swart lewer kommentaar oor weerstoestande

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant