Petroljoggie verdien sterstatus

Petroljoggie verdien sterstatus

Gansbaai Courant

Christine Bester is onlangs aangewys as Birkenhead Motors (Shell) se “Star of the Month”.  Sy het die titel verdien nadat die vulstasie ‘n honderd persent uitslag gekry het tydens ‘n bestekopname deur Shell Suid-Afrika. ‘n Onbekende koper besoek die vulstasie vier keer per jaar. 

Tydens dié besoek moet die petroljoggies, die gebou, rybaan  en toilette aan sekere voorskrifte voldoen, waarvolgens dit beoordeel word. Christine, wat al sedert 2003 by die vulstasie werk, het die beoordelaar tydens sy ondersoek gehelp sonder dat sy geweet het sy word beoordeel en haar uitstekend van haar taak gekwyt.

Mnr Schalk Strauss, bestuurder by Birkenhead Motors, sê hy is baie trots op Christine se uitstekende werk en klante kan verseker wees van deurlopende goeie diens by al drie hul vulstasies in Gansbaai.

Petroljoggie verdien sterstatus

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant