Plaassmokkelnes - nadraai -

Plaassmokkelnes - nadraai -

Gansbaai Courant

“Die hof het my nie gevra om te pleit nie en gevra om die bank te verlaat,” het Johan Rademeyer, ‘n bekende sakeman in Gansbaai aan Gansbaai Courant gesê. “Daar is dus geen saak teen my gemaak nie.”

Gansbaai Courant (Donder-dag, 17 Maart 2016) het onder die opskrif: “Plaas-smokkelnes skok”, verwys na Gansbaai SAPD se speurtak en beamptes van die Departement van Seevisserye (DAFFF), wat in ‘n gesamentlike operasie op ‘n perlemoen droogfabriek toegeslaan het.

Die perlemoen droogfabriek was op die plaas Groenkloof naby Pearly Beach en twee Chinese is gearresteer.

Intussen is inligting ontvang dat die Chinese elk met twee jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, gevonnis is nadat ‘n pleitooreenkoms met die Staat aangegaan is.

Die ondersoek is egter nog nie afgehandel nie, aangesien die proses van beslag-legging op eiendom steeds aan die gang is.

Een van die plaaseienaars, Johan Rademeyer, is ook tydens die operasie gearresteer, aangesien twee groot rubberbote op die plaas gestoor is.

Volgens Gansbaai SAPD se speurtak is die saak teen Johan wel teruggetrek.

Johan sê hy het tien dae verhoorafwagtend in die Buffeljachts gevangenis deurgebring, en voel dat hy te na gekom is.

“Ek wil dit beklemtoon dat ek nie ‘n misdadiger is nie en ook nie ‘n perlemoensmokkelaar is nie en ‘n regsproses rakende my arrestasie destyds is reeds van stapel gestuur,” het Johan aan Gansbaai Courant gesê om die saak van sy kant af reg te stel.

Plaassmokkelnes - nadraai -

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant