Fotograwe leer oor die wonder van kleur

Fotograwe leer oor die wonder van kleur

Gansbaai Courant

Gansbaai Fotografieklub se onlangse byeenkoms in Stanford het die klublede sprakeloos gelaat oor die wonder van kleure.

Praktiese opleiding van kleurtegnieke, kuns teenoor fotografie, asook die “Kleurwiel”, is deur Vivienne Mconie van Stanford aangebied.

Die lede het gehoor dat, met drie primêre- en drie sekondêre kleure se vermenging, kan tot soveel as 16,000,000 verskillende kleure teoreties verkry word.

Op die tafels van haar restaurant het spesiale papier met die belangrikste kleure akrielverf op klublede gewag, met kwassies en ander benodigdhede.

Op die skoon vel papier moes ‘n groterige sirkel geteken word, met ‘n driehoek binne. Bo-aan die driehoek is geel, regs is rooi en links is blou, die drie primêre kleure.

Daarna het die res van die kleure, deur middel van vermenging van die kleure, gevolg, totdat die kleurwiel begin vorm aanneem het, met onder andere die sekondêre kleure, groen, oranje en pers: geel en rooi word oranje, rooi en blou word pers en geel en blou word groen.

“Op hierdie wyse gaan die kleurwiel eenvouding aan en aan en aan,” het Vivienne verduidelik. “Kleure en emosie gaan ook hand-aan-hand, soos vir woede, blydskap, hartseer en dies meer.” Sy het ook daarna verwys dat die linkerkant van die kleurwiel uit “warm” kleure (dag) bestaan en aan die regterkant koel kleure (nag). “In die kunswêreld gaan dit oor die perfekte vermenging van verf, maar by fotografie moet op die stemming van die oomblik gefokus word,” het sy ook gesê. Ondanks groot pret onder die lede tydens die aanbied van die kursus, was almal dit eens dat dit ‘n waardevolle geleentheid was waartydens baie geleer is.

Gansbaai Fotografieklub se byeenkomste is vir elke eerste en derde Maandag om 18:30 van elke maand geskeduleer en vind te Groeneweide Kwekery plaas.

Die volgende byeenkoms sal  Maandag, 8 Augustus 2016 plaasvind, met die tema: Bote in die Hawe.

Navrae kan aan Riaan Jacobs by 082-373-8270 (chair person@gbpc.co.za) gerig word, of skakel vir Veronica du Plessis by 084-826-8781 (secretary@gbpc.co.za). Die klub se webtuiste is www.gbpc.co.za.

Fotograwe leer oor die wonder van kleur

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant