Botrivier se sluise toegedraai

Botrivier se sluise toegedraai

Gansbaai Courant

In uitstekende rugbytoestande was die span van Gansbaai, Black Leaves, goed genoeg daarin om Botrivier met 24-21 te klop.

Met nog vier liga-wedstryde oor vir alle spanne, word alle faktore nou in ag geneem bv. puntestand, uitspeelwedstryde en skeidsregters met Rangers van Bredasdorp wat nou aan die beurt kom.  Daar ander kant moet Black Leaves die herhaling van die eerste ontmoeting vroeër vanjaar voortsit om sodoende dan nog plus minus 4 punte by sy totaal van 38 te voeg. ‘n Skaflike totaal van 42 sover oorskadu die span se vorige rekords die afgelope vier jaar met nog wedstryde oor.

Veral Botrivier, een van die voorste spanne, was ‘n weerspieëling van wat die Baai volgende wil vermag. Alhoewel dit soms broekskeur oorwinnings is, behou die span  momentum wat belangrik is. ‘n Wipplankryery dwarsdeur die spel het alles uit die manne gehaal. 

Die Baai het beter vertoon in die skrums as teen Hawston en rotsvaste verdediging deur Quwin en Alvino  met Colin vooraan het die spel stadig gemaak vir Botrivier.

Nog nie die dominerende pak nie, maar Gollie kan vertroue skep uit sy troepe. Agterlangs was die tafel bedoel vir lekker hardloopspel aan albei kante en ses drieë is gedruk vir die dag.

Met Divvy wat geel gesien het, kon Botrivier nie hond haar af maak nie en met sy terugkeer het Divvy toe eers die sout in die wonde kom vryf. Gogga het spoed gewys.  Verder was Hickley, Allan, Melly en Elrich die bestendigheid self.

Met die deurslaggewende spel wat teen Botrivier gelewer is, moet die A-“team” Rangers Saterdag gaan stuit en druk sal soveel minder wees vir die hele span (22-tal).

Die son sak toe weer vroeg vir Black Leaves se Tweede en Derde spanne.

Die A-span se puntemakers was – drieë:  Gogga, Divvy en Colin; doelskoppe: Divvy (3) en strafskoppe:  Divvy (1).

So sê Bra”G”

Botrivier se sluise toegedraai

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant