Katrolle sing by Birkenhead-klub

Katrolle sing by Birkenhead-klub

Gansbaai Courant

Eenhonderd ses en dertig visse met ‘n massa van 129.1kg is verlede Saterdag, 6 Augustus tydens Birkenhead Bootklub se visvangkompetisie uitgetrek.  Dit was ‘n lieflike dag op see. Drie en twintig hengelaars het op sewe bote deelgeneem.

Bertus Prins het met die prys vir die swaarste vis weggestap – ‘n rooistompneus van 4.15kg met Chris Fourie in die tweede posisie – ook ‘n rooistomp van 3.75kg. Johan Burmeister het die swaarste sak ingeweeg, met Bertus Prins in die tweede plek.

Die span op die boot Nu-Nu met Johan Burmeister as skipper, was die manne  wat die swaarste gemiddeld ingeweeg het. Die span van Releks met Jean Downing as skipper was in die tweede plek. JP Uys was die Junior Swaarste Sak-wenner.

Louis van der Fyver van Worcester is as nuwe lid ingewei en ‘n konstitusie is aan hom oorhandig. Philip Fourie en Jean Downing het die Foefie-beker gedeel. Philip omdat hy heeltemal onnodig sy hele visgereiboks vervang het en Jean omdat hy as veiligheidsbeampte almal uittrap omdat hulle hom nooit bel nie – en toe is sy foon af toe almal hom bel!

Die aand is gesellig afgesluit met vis en skyfies en ‘n propvol dansvloer.

Katrolle sing by Birkenhead-klub

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant