Laerskool trots op nuwe netbalbane

Laerskool trots op nuwe netbalbane

Gansbaai Courant

Die gemeenskap, ouers en personeel   is almal ingespan om fondse te in vir die opgradering van  Laerskool Gansbaai se netbal- en tennisbane wat  Dinsdag, 2 Augustus ingewy is.

Na afloop van die pragtige openingseremonie het Laerskool Hermanus en Gansbaai Primêr in vriendskaplike  netbalwedstryde meegeding.

Michael Geldenhuys, voorsitter van die Beheerliggaam van Laerskool Gansbaai, het tydens sy toespraak gesê dat Chrizülene van Niekerk sowat twee jaar terug gesê het dat die tennis- en netbalbane aandag benodig en dat daar plan gemaak moet word.

Dit is net daar waar die groot insameling begin het. Chrizülene het kwotasies gekry en besef dat dit “’n vreeslike klomp geld” is wat betrokke is. Haar visie en droom het begin met ‘n skenking van R15 000 tydens ‘n Spar Vrouedag in 2014 wat sy gereël het.

Michael het voorts gesê dat wanneer jy Chrizülene “nie sien nie”, is sy ‘n supervrou wat geen moeite ontsien om haar doel te bereik nie.  So het sy dus in 2015 ‘n hoender- en hamburgerbraai aangebied en vanjaar is Premier Fishing en Aqunion nader gehark om saam met Spar die laaste deel van die bane te befonds.  Pragtige advertensieborde is aangebring om hul groot bydrae te erken.

Visie

Michael het  gesê dat die bestuurslede baie opgewonde is oor die feit dat groot toernooie en sportnaweke nou hier aangebied kan word. 

Dit sal nie net tot voordeel van die skool wees nie, maar ook vir die sakegemeenskap van Gansbaai.

Laerskool trots op nuwe netbalbane

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant