Gansbaai Courant

Blog: MESMOORD Skok in Beverley Hills

Published: 16 September 2016
By:Gansbaai Courant

‘n Struweling Saterdagaand, 27 Augustus 2016 in Beverley Hills het tot die mesdood van Koos Mogano (32), ‘n inwoner van Beverley Hills gelei. Die verdagte, Katiso Damane (28) van Masakhane het daar gekuier en ‘n woordewisseling het ontstaan. Katiso het ‘n versteekte mes tevoorskyn gebring en Koos twee steekwonde in sy bors toegedien, waarna hy op die toneel gesterf het.  Die ondersoekbeampte, konst Mpondo sê die kuiery het met ‘n oormaat van alkohol gepaard gegaan.

Katiso is dieselfde nag deur Gansbaai SAPD se Speurafdeling gearresteer en het Dinsdag, 30 Augustus 2016 in die Hermanushof verskyn, waar borgtog opponeer is.

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...