Laerskool trots op hulle juffrou

Laerskool trots op hulle juffrou

Gansbaai Courant

Laerskool Gansbaai se genomineerde kandidaat vir die Nasionale Onderwystoekennings vir 2016, Marlene Koekemoer, is Vrydagaand, 26 Augustus 2016 in Caledon tydens ‘n prestige funksie as die wenner in die afdeling van Uitnemendheid in Primêre Skool Onderrig aangewys.

Hiermee dring Marlene deur na die Provinsiale Toekenningsaand wat in Oktober sal plaasvind.

Onderwysers van skole uit die Overberg (Swellendam, Bredasdorp, Walkerbaai, Groenland, Overberg en Villiersdorp) is vir die volgende kategorieë vir laerskole genomineer:

Uitnemendheid in Primêre Skool Onderrig; Uitnemendheid in Primêre Skool Leierskap; Uitnemendheid in Graad R-onderrig; Uitnemendheid in Spesiale Behoeftesonderrig; Uitnemendheid in Tegnologie Ondersteunde Onderrig; Lewenslange Toekenning.

Genomineerde kandidate is deur ‘n paneel van beoordelaars oor ‘n tydperk van twee weke besoek. 

Elke kandidaat moes ‘n Powerpoint-aanbieding voorberei en aanbied.  Daarna is ‘n formele onderhoud met die kandidaat gevoer. 

Na afloop van die onderhoud is ‘n klasbesoek gedoen en ‘n gesprek met die skoolhoof gevoer.

Laerskool Gansbaai is opreg trots op Marlene met die prestasie en wens haar net die beste toe vir die volgende uitdaging.

Laerskool trots op hulle juffrou

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant