Die skelm pluk

Die skelm pluk

Gansbaai Courant

Ons doen dit almal een of ander tyd. Jy gee jou maat se lyn so ‘n skelm pluk wanneer hy dit nie verwag nie en die byna agteroorslaan van skrik is die moeite werd om te aanskou.

Hier’s ‘n soortgelyke storie, maar met ‘n stertjie. Phillip, dis nou ‘n goeie vriend van my, het die dag saam gaan hengel in Stilbaai se wêreld. Hy het die wêreld nie geken nie en was self nie so ‘n bedrywige hengelaar soos ek nie. Dit was egter ‘n lieflike dag, die water het belowend gelyk en met my versekering dat ons wel die vis gaan aankeer, is hy hoopvol en pure gesels saam. Soos dinge maar somtyds gaan, het ons teen die middag nog nie ‘n enkele byt gekry nie, laat staan nog ‘n vis gevang. Soos die dag aangeloop het, het Phillip al stiller en ook al klaeriger geword. Ek het ‘n paar maal moes aanhoor, “Dis omdat ék vandag hier is!” Wie ken nie ook die storie nie?

Ons het by Parsons se Gat gaan gooi. Tussen ons het ‘n diep sloep see-in gestrek. Een of ander tyd moes ons lyne kruis. Ek sê steeds dit was nie moedswillig nie. Ons lyne was lank reeds in die water toe ek besluit het om ‘n vars asie aan te sit. Met die klompie rotsriwwe was die kanse vir vassit goed en daarom het ek ekstra hard aan my stok gepluk. Phillip was so half uit my gesigsveld uit en ek kon net sy stok se punt gewaar. Toe ek egter die benoude kragwoord hoor en ek sien sy stok se punt sak so saam met my gepluk, het ek dadelik besef wat aan die gebeur was. Hy het op die rotspunt verskyn  --  nee hy was getoor, want toe ek sien, staan hy reeds daar en die man slaan aanmekaar vas! Wanneer hy die stremming aan sy lyn voel, is dit weer so, menende dis die vis wat so spook. En vreemd tog dat die man so kon swets.

Dis toe dat die gedagte my te binne skiet, waarom hom nie bietjie moed laat skep nie? Dit kon tog net ‘n goeie ding wees. Eers moes ek hom kalmeer want hy sou bo van die krans afduiwel indien hy nie bietjie rustiger word nie. Ek het hom verseker dat sy lyn vashaak en indien hy net so bietjie skietgee die “vis” dalk die sinker sou losswem. Moet erken, ek het die spulletjie begin geniet. Daar was tog in elk geval nie vis nie. Elke dan en wan het ‘n vinnige pluk weer vir reaksie gesorg en elke keer word gevra of ek die geweldige byt gesien het  --  en is dit nou ‘n grote, ou maat!

Ek het al skuldig begin voel en later maar besluit om lyn af te trek. Ook dit het hom geweldig laat skree en natuurlik die teleurstelling daarna toe die “vis” ophou spartel het hy luidkeels aan my oorgedra. Ek het besluit om maar stil te bly en hom sodoende gelukkig te hou. Die stertjie? Na hoeveel jare waarin ek herhaaldelik moes hoor hoe hy daardie dag sy grootste vis van sy lewe verloor het, en ek, die bedrewe hengelaar, die heel dag nie eens ‘n byt gekry het nie, het ek besluit om met die mandjie patats vorendag te kom.

Die uitdrukking in sy oë kan ek nie beskryf nie. Verwondering? Lag? Ongeloof? Ek weet nie. Dat ek veiligheidshalwe uit sy pad moes bly  --  en dit na tien jaar, dís die stertjie! Geniet die see, Seemeeu

Die skelm pluk

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant