Gepraat van gras...

Gepraat van gras...

Gansbaai Courant

Ons klub verlang na “groener weivelde” en daarvoor gaan ons “geen gras onder ons voete laat groei nie”. ’n Tyd terug was daar ’n lelike “slang in die gras”, maar toe iemand nog sê hierdie baan is “van die gras af" is daar ’n paar stewige kêrels wat opspring en kwaai vermaan: “Julle is in die ou gras!” Oor hierdie saak het ons die “gras voor almal se voete weggemaai!”

Nou waaroor gaan die klomp gras?

By Franskraal Rolbalklub gaan dit letterlik oor “die gras is groener aan die ander kant”. Een van die bane is tans onder konstruksie, maar dit is lekker om te sê dat die klomp ywerige spelers van ons klub steeds luid en lekker speel op een baan. Met die een oog op die bal en die ander een op die baan “onder konstruksie” hou ons angstig die groen sprietjies wat begin kop uitsteek met belangstelling en arendsoë dop. Indien daar iemand is wat dalk iets kwytraak soos “die gras is kapoet” … vir daai een groet ons met: “Êrens gaan ons gras oor die saak laat groei.” Die A-baan wat opgegradeer is lyk pragtig en die eerste wedstryde kan op die groen nuwe baan gespeel word.

Sien jou by die klub waar die gras altyd groener is. Dankie vir idiome en die skeppers daarvan deur ons land se skrywers soos Langenhoven, Boerneef en ander. Onthou asseblief: VAT GRAS, TAKE GRASS!

Kontak Archie Chambers vir enige navrae: 082 468 8765

Rolbalgroete. Ankie

Gepraat van gras...

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant