Fotograwe ontdek naby en nog nader

Fotograwe ontdek naby en nog nader

Gansbaai Courant

Gansbaai Fotografieklub se lede was die ene ore (en vrae) tydens Robert Johnson se aanbieding van Makro- (Macro) - en naby (Close-up) foto’s.

Hy het ‘n insiggewende en prakties-georiënteerde aanbieding gelewer, waar elke lid die geleentheid ontvang het om sy inligting prakties toe te pas.

“Die verskil tussen ‘close-up’ en ‘macro’ foto’s is dat ‘close-up’s net naby-foto’s is, terwyl ‘macro’s’ baie klein en intensief is waar daar direk op die voorwerp ingezoem word,” het hy gesê. “Enige kamera, selfs ‘n mik-en-druk, kan vir ‘macro’ foto’s gebruik word.”

Robert het in 1994 ‘n strandhuis in Franskraal gekoop en woon sedert 2014 permanent daar.

Tot en met sy aftrede hier, was hy mede-eienaar van Join Photography.

Hy hanteer nog soms troues en fotosessies met modelle, maar andersins is hy rustig ná sy aftrede en geniet net sy kamera.

“Ek het tien jaar gelede by Tygerberg Fotografie Vereniging betrokke geraak, waar ek vir sewe jaar as voorsitter gedien het en dit is daar waar ek toegelaat het dat fotografie my heel ‘ingesluk’ het,” vertel hy.

Twee genres wat Robert se gunsteling-afdelings is, is Landskappe en “Table Top” stillewe fotografie.

Nog ‘n passie vir hom is om sinvolle AV’s (foto’s met klank wat ‘n storie vertel) te maak.

Robert is een van die eerste twaalf nasionaal gekwalifiseerde fotobeoordelaars en het reeds talle nasionale fotokompetisies beoordeel.

Hy is ook die houer van ’n LPSSA-toekenning (Lisensiaat in Fotografie).

Gansbaai Fotografieklub se byeenkomste vind op die eerste en derde Maandag van die maand om 18:30 by Groeneweide Kwekery plaas. Opleiding in Straatfotografie sal tydens die byeenkoms van 19 September 2016 verskaf word. Vir navrae kan Riaan Jacobs by 082-373-8270 gekontak word, of skakel vir Veronica du Plessis by 084-826-8781.

Webtuiste is www.gbpc.co.za.

Fotograwe ontdek naby en nog nader

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant