Rolbalgeselsies

Rolbalgeselsies

Gansbaai Courant

So stap ek langs die rolbalbaan en bekyk en beluister die spelers. Ek kyk met ’n glimlag na al die prettige geite van die spelers … dit rek en dit strek agter die bal aan; sommige speel hop-hop en spring-spring; soms skeef-skeef, maar altyd met groot konsentrasie en entoesiastiese aanmoediging.

Om hierdie petalje net dop te hou is pret, maar as jy na al die sêgoed luister, verskaf dit nog meer pret. Opmerkings (verskonings!) oor hoekom die bal nie rol waar hy moet of maak soos hy moet nie: “Ai, die skouer van my tog”; “My rug keil my op”; “The opposition is putting me off”; “Someone moved when I delivered my wood”; “I forgot my glasses at home”. Spanlede verstaan die verskonings baie goed en aanvaar dit gelate. Een ding is seker – die klomp geniet hulle terdeë. As jy gedink het rolbalspelers is ’n ou klomp “suurknolle” of “suurknollaritas” … dink gerus weer! Kom kyk en luister en ervaar self al die pret.

Archie is die bemarkingspersoon van Franskraal Rolbalklub. Kontak hom gerus vir besonderhede oor lidmaatskap en afrigting by 082 468 8765.            Rolbalgroete, Ankie

Rolbalgeselsies

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant