Behoorlike verskeidenheid

Behoorlike verskeidenheid

Gansbaai Courant

Verlede Dinsdag was dit my voorreg om ‘n slag see toe te gaan en behoorlik vis te vang. Wie sal nie tevrede voel as elkeen van die bemanning ‘n slag behoorlik kon inklim en na die gewone ondermaatkabeljoutjies daar skielik ‘n paar mooies aan die byt raak en op die dek opeindig nie?

‘n Man is nog mooi aan die dankie sê vir die onverwagse voorreg toe die geelbek ook kom stem dikmaak  Dan, die skielike vat en loop en jy weet sommer, hier kom ‘n mooi snoek, en dan volg nog een kort daarna. By ons in die laatjies het daar  reeds ‘n paar ordentlike silwervis gelê en om die kroon te span (vir ‘n verandering), mooi hotties. Hierdie tyd van die jaar is die Moddergronde ‘n logiese keuse maar dit kos steeds jou oog op die situasie hou. Om redelik seker te wees jy beland waar die vis is moet jy  kan oordeel waar om daarvoor te probeer, maar die belangrikste van hierdie hele storie is om jou eie boot te besit en sodoende te kan gaan waarheen jy wil en die volle spektrum te ervaar  --  nie net die hengelgedeelte nie maar ook die volle plesier van dit alles. Om ‘n boot jou eiendom te maak is veral deesdae glad nie eenvoudig nie en daar is baie faktore om in ag te neem. Indien jy nie baie ervare is nie en enigsins hierdie moontlikheid oorweeg is die groot vereiste dat jy moet lief wees vir die natuur en in hierdie geval veral die see.

Op ‘n volgende geleentheid sal die voor- en nadele, asook ander aspekte van ‘n boot se aanskaf behandel word. Wees voorbereid daarop dat dit nogal ‘n komplekse besigheid is en dat daar aspekte is wat jou opinie hieroor sál beinvloed. Hou jou oog op hierdie rubriek. 

Groete,  Seemeeu

Behoorlike verskeidenheid

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant