4x4 Uitdaging sorg vir baie pret

4x4 Uitdaging sorg vir baie pret

Gansbaai Courant

Sewe-en-tagtig deelnemers van regoor die Wes-Kaap het ‘n opwindende dag vol uitdagings en avontuur beleef tydens Laerskool Gansbaai se 4x4 Hindernisdag. 

Dit is die tweede keer dat die uiters gewilde dag in samewerking met Murasie aangebied word. 

Vrydagaand, 2 September, het talle entoesiastiese deelnemers en ondersteuners gure Overstrandweer trotseer en ten spyte van swaar reën het die vure hoog gebrand en is daar tot laat-aand gesellig gekuier.

Nadat die dag amptelik geopen is deur Mnr Eben van der Merwe, skoolhoof van Laerskool Gansbaai, het Saterdag se verrigtinge afgeskop met ‘n tradisionele ontbyt voor die eerste uitdaging aangepak is. ‘n Beplande 16 km gedeelte van die skilderagtige Murasie 4X4-roete is onder leiding van gidse Maranelle Basson, Willem Schoombee, Jacques Coetzee, André Hage, Eben Visser en Kosie de Wet aangepak.  Die vorige dag se swaar reën het sommige hindernisse baie moeilik oorkombaar gemaak en  dit het opeenhopings veroorsaak.  Die 4X4 entoesiaste het nie toegelaat dat hul geesdrif gedemp word nie en die rit het vinnig in ‘n herwin-en-uitsleep uitdaging ontaard.

Tydens middagete is toeskouers en deelnemers vermaak deur Ian Nutall met ‘n geblinddoekte drywer en ander kompetisies soos “Bullseye” en “Guess the tyre pressure”.

Na middagete het die fokus verskuif na ‘n kort hindernisbaan, wat spesiaal vir die geleentheid deur Kosie de Wet en Woens Basson beplan en gebou is.  Hier het deelnemers teen tyd met mekaar kompeteer.  Toeskouers het die aksie vanaf die aangrensende damwal dopgehou en gedeel in die skertsende geterg van die ondersteuners van verskillende fabrikate en bestuurders.  Die laaste aktiwiteit van die dag was ‘n “mud run”-tydtoets wat ook vir hope vermaak gesorg het.

Wenners

Na afloop van die aktiwiteite is Johan Kotze met sy Toyota-bakkie as die Algehele Beste Bestuurder van die dag aangewys.  Hy was ook die wenner van die “Mud Run”.  Die Beste Damesbestuurder was Jane de Wet en die wenner van die Hindernis Uitdaging was Riaan Bothma.  Dries du Toit met sy Toyota Fortuner het ‘n toekenning gekry vir die Mees Gewaagde “Stunt” van die dag.

Die geleentheid word deur die LSG Ouergemeenskap gereël as fondsinsameling ten bate van Laerskool Gansbaai se Ontwikkelingsfonds.  Volgens Francois van der Westhuizen was die dag ‘n reuse sukses.  Woens Basson het op sy beurt gesê hy het altyd geweet ‘n 4X4-Dag by Murasie het die potensiaal om ‘n groot sukses te wees.  Albei dié organiseerders mik vir TV-blootstelling volgende jaar!  Reëlings vir April 2017 is alreeds voluit aan die gang.

4x4 Uitdaging sorg vir baie pret

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant