Bewaringspan knap jongklomp se kennis op

Bewaringspan knap jongklomp se kennis op

Gansbaai Courant

Insiggewende Fynbos Ekspo’s deur Whale Coast Conservation (WCC) is onderskeidelik by Laerskool Gansbaai en Gansbaai Primêr aangebied en vorm deel van WCC se Jeug Omgewings-programme.  

Die praktiese ekspo is aan sowat tweehonderd Gr 4 en 5 leerders van Gansbaai Primêr en Gr 6 leerders van Laerskool Gansbaai aangebied. Die jongklomp het  waardevolle kennis  opgedoen.

Anina Lee van WCC sê die verlede het geleer dat spesifiek Gansbaai kinders ‘n goeie kennis van fynbos het en altyd gretig is om meer te leer. Die tema van vanjaar se Fynbos Ekspo was die Fynbos Ekonomiese Stelsel en die bewaring daarvan.

Enkele voorbeelde wat uitgelig kan word, is: die verstommende diversiteit van fynbos in hierdie area; voorbeelde van die vier hoofkategorieë van fynbos-spesies; illustrasies van fynbos wat van veldbrande elke vyftien tot twintig jaar afhanklik is om voedingstowwe in die grond terug te kry; die gevare van uitheemse plante en hoe om daarmee te werk te gaan; die gevare wat ondeursigtige ontwikkeling vir fynbos en landskappe inhou; die belangrikheid van fynbos vir die plaaslike ekonomie.

Bewaringspan knap jongklomp se kennis op

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant