Voortrekkers trap nuwe spore

Voortrekkers trap nuwe spore

Gansbaai Courant

Die Voortrekkers het weer die “Groot Trek” aangepak vanjaar.

Vierhonderd jong, moderne Voortrekkers het in Augustus die Wes-Kaap, Vrystaat, Gauteng en Namibië verteenwoordig en met ossewaens oor die Drakensberg getrek.

Dit vorm deel van die Voortrekkerbeweging se 85ste bestaansjaar, met die tema ‘Trap nuwe Spore’.

Catharina Vice, ‘n Graad 8-leerder van die Overberg Hoërskool (Ovies), was een van die brawe meisies wat haar deursettingsvermoë bewys het en aan die moderne “Groot Trek” deelgeneem het.

Die Wes-Kaap span is gekenmerk deur hul groen pette.  Elke provinsie se spanlede het ‘n ander kleur pet ontvang om hulle uit te ken.

Die ‘trek’ het vanaf Kerkenberg in die Oos-Vrystaat begin. 

Die Retief-wa was eerste, gevolg deur die Maritz-wa en derde, die Wes-Kaapspan, gevolg deur die Uys-wa.

Ná twaalf kilometer en nege ure se grondpad op die waens, het vierhonderd moeë, twintigste eeu se Voortrekkers by die gewilde Drakensville vakansie-oord tot stilstand gekom, waar hulle hul ‘Trek’ met godsdiens afgesluit het.

Deur  die voorreg wat hulle na die tog kon geniet om by ‘n moderne vakansie-oord uit te span, het hulle net weer eens besef hoe dapper hulle voorouers was om so ‘n trek onder uiters moeilike omstandighede aan te pak.

“Ek is voorwaar trots om ‘n Afrikaner genoem te word”, het Catharina afgesluit.

Voortrekkers trap nuwe spore

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant