Bid vir mekaar!

Bid vir mekaar!

Gansbaai Courant

“Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel.” (Mat 5:44,45)

“Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word;   seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word.”  (Luk 6:27,28).

Wanneer ons na die wêreldnuus luister, kom ons elke keer weer onder die indruk hoe gelowiges en veral Christene, vervolg en doodgemaak word ter wille van hulle geloofsoortuigings.

Statistieke wys daarop dat sedert daardie donker Vrydagmôre, wat Jesus as Christus gesterf het, daar tot vandag toe meer as sewentig miljoen Christene gemartel en doodgemaak is omdat hulle Jesus as die HERE en Verlosser bely. Kan jy jou voorstel hoeveel mense dit is? Dit is meer as al die inwoners saam in die huidige Suid-Afrika!

En dan kom Jesus telkens en sê: Bid vir julle vervolgers; Bid vir julle vyande; Seën dié wat julle vervloek en julle haat; Bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word! Hoe is dit moontlik? Hoe kry ’n mens dit reg om vir sulke wrede en goddelose mense te bid?

Dan antwoord Jesus self die vraag: “.....sodat julle kinders kan wees van julle  Vader in die hemel.” (Mat. 5:45) Jesus probeer nie die vyande en vervolgers aanval of verdedig nie, nee, Hy plaas die bal elke keer terug in die Christen se hande en sê: Doen dit net! Moenie probeer verstaan nie of jou optrede regverdig nie, begin net nou, daar waar jy sit en lees, vir die vyande en vervolgers van die Christendom te bid!

Hoe gaan ons die wêreld verander? Ons kan nie. Net GOD kan in mense se harte ’n verandering bring. Dit is die Heilige Gees wat, wanneer ons bid en smeek, ons gebede gebruik om in mense se harte te werk en stadig maar seker, soos die dou op die gras, weer nuwe lewe te skep in verharde harte. As ons net doen wat Jesus vra en bid sal GOD op Sy tyd en volgens Sy wil die verandering bring.

Corrie  ten  Boon (The Hiding Place) het in die Tweede Wêreldoorlog tientalle Jode weggesteek en uit die land gesmokkel. Sy en haar gesin is wreed gemartel deur die Duitse offisiere wat wou weet waar hulle die Jode wegsteek. Van haar familie, soos haar suster is doodgemaak. In die tronk het sy voortgegaan om vir die Gestapo te bid en met hulle te praat oor Jesus. Jare later in 1947 by ’n kerk in München het ’n man na haar toe gestap en sy het besef dit was een van die wagte wat haar wreed gemartel het. Hy het haar gevra om hom te vergewe, aangesien hy toe ook Jesus as Verlosser aangeneem het. Jesus het hom vergewe – maar sou sy? Dit het haar ’n tydjie geneem om haar asem terug te kry en sy het hom in haar arms geneem en gesê: “Ek vergewe jou broer, met my hele hart!”

Bid vir almal wat hulleself as die vyande van Jesus beskou. GOD alleen kan die verandering bring!

Bid vir mekaar!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant