Gansbaai Courant

Blog: Ou kalant op 53 gearresteer

Published: 28 October 2016
By:Gansbaai Courant

‘n ‘Ou kalant’, Mzwamadoder (Raymond) Nkonzo is op 53-jarige ouderdom Donderdag, 29 September 2016 in Pearly Beach vir die besit van gesteelde eiendom gearresteer.

‘n Inbraak by ‘n woning in Pearly Beach is vroeg die oggend aangemeld. Later dieselfde dag het Gansbaai SAPD se Uniformtak patrollies in die omgewing gedoen en twee verdagtes in die bosse gesien. Een van hulle het weggekom, maar Nkonzo is met gesteelde eiendom in sy besit gearresteer. Hy het Maandag, 3  Oktober 2016 in die Bredasdorphof verskyn, waar borgtog opponeer is.

“Nkonzo is voorheen al op verskeie aanklagte van diefstal in Hermanus-omgewing gearresteer en is dus ‘n ou bekende vir die polisie,” het Speurkaptein Danie Rautenbach van Gansbaai SAPD se Speurtak gesê. “Die gesteelde goedere wat in sy besit tydens die arrestasie gevind is, is reeds deur die eienaar geïdentifiseer.”

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...