Klein begin met 16m lange boot

Klein begin met 16m lange boot

Gansbaai Courant

Andries Nowers, eienaar van Ichtus Visserye in Gansbaai hawe, het sonder enige ervaring besluit om sy eie boot te bou. ‘n Vriend het hom aangeraai om klein te begin - “Ek het toe klein begin - met ‘n sestien meter boot!” het Andries gesê. Intussen het Andries vanuit die visbedryf na ‘n bootbouer van faam gevorder.

Andries se bootbouery het in 2000 begin toe hy ‘n Wes-Australiaanse kreefboot wou koop, maar die kostes om die boot in Suid-Afrika te kry was buitengewoon hoog.

Daar en dan het hy besluit om die kostes eerder aan te wend om sy eie gietvorm (“mould”) te bou om sodoende self sy boot te bou.

Sy eerste selfgeboude boot, die “Atlantic Blessing”, het hy in Junie 2006 te water gelaat. Aanvanklik is die boot bedoel om tuna mee te vang, maar is later na ‘n kreefboot verander.

Andries se eerste boot wat hy in geheel gerestoureer en verander het, is ‘n 54 voet tweerompskuit (“catamaran”). Die boot se naam was “White Pointer” en was destyds die grootste boot in Gansbaai.

Gedurende September 2016 het Andries weer ‘n boot gefinaliseer, wat na Gordonsbaai vervoer is.

Die nuwe eienaars beplan om die boot binne die volgende twee maande gereed te kry om as ‘n diamantboot in Port Nolloth aan die Noordwestelike kus van Suid-Afrika te gebruik.

Sy volgende boot, “Gansbaai No. 5”, het hy reeds aan begin werk en wil dit graag in Desember vanjaar te water laat.

“Toffie Couch en sy span van ses verdien amper meer krediet as ekself vir die bou van die bote, asook Reyneke Steyn vir sy sweis- en monteurdraaiwerk,” sê Andries.

“Sonder hulle sou ek nie bereik het wat ek wel bereik het nie.”

Inussen is hierdie bedrywige man, ‘n gebore Gansbaaier en in die visbedryf “van kindsbeen af”, steeds aan die roer van sake by Ichtus Visserye, tesame met die bote wat hy in Gansbaai Industriële gebied bou.

Klein begin met 16m lange boot

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant