Gholfnuus (6 Oct 2016)

Gholfnuus (6 Oct 2016)

Gansbaai Courant

Woensdag se Sloegterskompetisie is in ‘n yskoue sterk wind van 40 kilometer per uur gespeel - net 18 spelers was braaf genoeg om te speel. Solly Wessels was die wenner met 39 punte, gevolg deur Charlie Bent 36, Johan Coetzee 32, Andre Roos 31, Dawie Viljoen 30, Etienne Engelbrecht 29, Johan Kruger 29, Bobby Brandt 29, George Hunt 28, Sextus Neethling 27. Naaste aan penne op no 2 & 11 was Charlie Bent en Sextus Neethling op no 8 & 17. Spog Twee’s word aangeteken deur Solly Wessels, asook Johan Coetzee op (11) en Sextus Neethling (8).

Vrydag se 9-putjie kompetisie is gewen deur George Hunt met 18 punte, gevolg deur Richard Bentz 18, Solly Wessels 15, Daan Victor 15.  Dankie aan ons borg OK Foods.

Saterdag was die Beeskraal Ope en 55 spelers het deelgeneem. 

Die komitee en lede bedank Bev Swart van Zonart Kaggels en Braais (hoofborg en organise-ring); Chris en Petra van Rensburg van Gansbaai OK Foods (afslagpryse); Andre Gouws (wors en broodrolletjies); Malcolm Bury (speensalf, klokkie en speentiete); Spesiale dank aan Francis Strydom en haar span Carina Saayman en Margie Cornelius (ontbyt); Gina Esterhuizen (sosiale mediadekking en ontwerp van brosjure); Pieter Loubser (whisky). Die borgdag het finansieel baie vir die klub beteken.

Die Osse het die kompetisie gewen met 33,2 gevolg deur die Tollies 32,9,  Bulle 31,1 en die Koeie 29,3. Die wenners in die verskeie afdelings is as volg: 

Tollies: Andre Gouws 40, M Rossouw 38, E May 38, Japie Spandiel 37.   
Osse:  Bobby Brandt 42, Daan Victor 41, Charlie Bent 41, Solly Wessels 39. 
Bulle: Leon Hattingh 38, C Samuels 36, Johan Stander 35, Bev Swart 35.
Koeie:  Gina Esterhuizen 31, Jannie Brandt 30.   
Naaste aan die penne was Paul Raad (2 & 11), Wilma   (11), A Hage (11), Daan Victor (17), Andre Gouws (2) en Andre Roos (11).  Japie Spandiel wen die langste set op no 9 & 18 (geborg deur Pieter Loubser). Leon Hattingh teken ‘n arend aan op putjie no 10.

Senior Liga Span speel Saterdag op De Salze hul laaste wedstryd.  Die span is: George Hunt (Kaptein), Jacques Nell, Andre Roos, Daan Victor, Sextus Neethling en Bev Swart.

Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Houespel.

Johan Coetzee
0828780534

gbgholf@gmail.com

Gholfnuus (6 Oct 2016)

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant