Vreemde seedier by Blousloep

Vreemde seedier by Blousloep

Gansbaai Courant

‘n Eienaardige, ystervarkagtige seediertjie het Dinsdag, 27 September 2016 by Blousloep in Franskraal uitgespoel en almal aan die raai gesit.

‘n Vakansieganger se seuntjie het gesê iets het hom gesteek, waarna die diertjie opgemerk is. Hulle het dit aan ‘n inwoner van Franskraal oorhandig wat ‘n foto geneem het en dit na Gansbaai Courant se kantore gebring het.

Etlike navrae is gerig, maar sonder definitiewe antwoorde oor watse spesie dit is.

Hennie Otto, Bestuurder/Skipper van Marine Dynamics het laat weet: “George Branch said it is almost certainly the Balloon Porcupinefish (Diodon holocathus). You will find it in Two Oceans (species no. 156.3). I think it is a youngster as the spines are very long.”

Die boek van J.L.B. Smith, Smiths’ Sea Fishes (bladsy 905), is in Gansbaai Biblioteek geraadpleeg. Indien Hennie reg is, is die diertjie wel die Ballon-penvis (Balloon porcupinefish) met die wetenskaplike naam van Diodon holocanthus. Die foto’s en tekeninge in laasgenoemde boek korrespondeer wel met die meegaande foto, behalwe dat die “ystervark” pennetjies heelwat langer is. Dit skryf Hennie se raadgewer toe aan die feit dat dit ‘n kleintjie is, aangesien hulle pennetjies op ‘n jong ouderdom heelwat langer is.

Indien enige leser kommentaar op die foto óf inligting wil lewer, kan Gansbaai Courant by 082-786-0494 geskakel word, waar die foto duideliker op die rekenaarskerm sal vertoon.

Vreemde seedier by Blousloep

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant