Maak jou dag op see die moeite werd

Maak jou dag op see die moeite werd

Gansbaai Courant

Ons het reeds vantevore die kwessie van ‘n goeie skipper en sy vaste bemanning bespreek. Hierdie keer kom “crew” aan die beurt wat nie noodwendig gereeld see toe gaan nie.

Baie van die vereistes oorvleuel natuurlik, maar ek gaan konsentreer op die goed wat ‘n skipper na sal  oplet en so ‘n bemanningslid dan ook meer sal waardeer. Kom ons lys so ’n paar items:

Waar jy ookal op die boot jou sitplek kry, hou altyd die motors dop om te sien of  die watersirkulasie genoegsaam is.

Dis ook wys om na enige ander ongerymdhede, soos byvoorbeeld, oortollige water in die boot, op te let.

In beide hierdie gevalle sal dit in orde wees om so gou moontlik alarm te maak en jou aandele, kan jy seker van wees, sal baie styg.

Wees bereid om te help met die anker se trek en maak die area om jou gereeld skoon (dít veral behoort jou skipper te beïndruk!). Trek ook dadelik jou lyne op wanneer jy so gevra word. Dit is nou met die “up lines”-versoek. Wees bereid om kennis te deel en te ontvang. Die ander manne sal dit nogal waardeer indien die vis by jou byt en jy hulle verwittig hoe diep jy lê en sommer ook watter aas jy gebruik. Jy gaan hulle meer beïndruk deur hierdie aksie wanneer jy alleen “gelukkig” is as om daaroor te wil spog oor hoe goed jy nou eintlik vaar!

Onthou met hengel is daar altyd iets nuuts te leer al is jy nou hoe jonk of hoe oud. Die kanse is heel waarskynlik dat dit eenrigtingverkeer gaan wees met ‘n hardebaard wat sy ding ken, maar hierdie manne weet dat daar altyd iets nuut is, al leer hy net hoe om dit níé te doen nie. 

Gewoonlik word die vis wat gevang word nie sommer op die boot se dek gelaat nie. Vra gerus die ander manne wat die prosedure is.

Hou ook by die skipper se bepaling sover dit kwotas aangaan.

Indien jy hou van wat jy ervaar, die dag geniet en “jel” met die ander manne, en natuurlik dit so verkies, is jou kanse daar om as een van die gereelde bemanning aanvaar te word.

In so ‘n geval is daar nog ‘n klomp goed wat vir jou in die prentjie kom. Die bogenoemde is nie iets waarvoor jy uitgesonder word nie, almal, ook die skipper, moet aanpas.  Sodoende, is die dag saam baie aangenaam.

Groete, Seemeeu

Maak jou dag op see die moeite werd

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant