Botrivier gerat vir twaalfde uitdaging

Botrivier gerat vir twaalfde uitdaging

Gansbaai Courant

Die organiseerders van die twaalfde aanbieding van die Botrivier Uitdaging, wat vanjaar op 28 en 29 Oktober aangebied word, sê hulle is gerat vir dié dag.

“Ondanks die ontwrigting by universiteite, het ons besluit om voort te gaan met die reëlings en alle belangstellendes word genooi om te kom deelneem,” sê Andries Roux, een van die organiseerders. “Die doelstelling van die Botrivier Uitdaging is om mense te lok om deel te vorm van ‘n pretdag waar deelnemers aan stap, draf of fietsry kan deelneem en om terselfdertyd die natuurskoon van die Overberg te geniet.”

Die verskillende items behels onderskeidelik ‘n 5.10- en 21 kilometer stap/draf, asook bergfietsroetes vanaf 15 tot 55 kilometer.

Vir mense wat van uitdagings hou, is daar die aandwedren van 5 kilometer op 28 Oktober om 19:00.

Deelnemers spring by Botrivier Primêr weg en eindig ook daar.

Die verrigtinge word aangebied in samewerking met die Elgin Atletiek Klub.

Afgesien van verskillende medaljes en prysgeld vir wenners van die onderskeie items, is daar ook ander pryse op die spel met trekkings wat gehou word vir deelnemers.

Vir navrae kan Anthony Hess by 083-773-2574 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by anthess02@gmail. com.

Botrivier gerat vir twaalfde uitdaging

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant