Gansbaai Courant

Blog: Harde 7’s ‘n eerste vir Black Leaves

Published: 04 November 2016
By:Gansbaai Courant

Gansbaai se Black Leaves Rugbyklub was Saterdag, 22 Oktober 2016, die trotse gasheer van ‘n reuse 7’s Rugbytoernooi wat op Blompark se sportgronde aangebied is.

Altesaam nege spanne het aan hierdie toernooi deelgeneem en Score Living Legends van die Strand het as wenners geëindig. Die Strand was tweede en Black Leaves 1 van Gansbaai  derde.

Die rugbyspanne wat aan die 7’s Rugbytoernooi deelgeneem het, is (alfabeties) Black Leaves 1 en 2 (Gansbaai), Ceres, Elim, Grabouw, Rangers Bredasdorp, Score Living Legends (Strand), Strand en Universals Stanford.

Puik organisasie het gesorg dat spanne  stiptelik op die programtye afgeskop het.

Dit was die eerste keer dat ‘n toernooi van hierdie aard aangebied word en die organiseerders beplan om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...