Noodseine vanaf Pearly

Noodseine vanaf Pearly

Gansbaai Courant

Die Desember vakansieseisoen lê om die draai en sowat 15 000 vakansiegangers word oor dié tydperk in en om Pearly Beach verwag.

Die totale inwonertal van die pragtige kusdorp, is ongeveer 900, wat die vakansie-oord inwoners insluit.

Die dorp sit met ‘n dilemma. Nie alleen is daar in ‘n geval van nood, nie ‘n polisiestasie nie, maar ook nie ‘n dokter nie.

Die dorp beskik oor slegs ‘n noodhulpkamer wat deur vrywilligers bedryf word.

Die enigste twee oorblywende vrywilligers by Pearly Beach se Noodhulpkamer, Ilse Keet en Hakkie Hückstedt, het dus goeie rede om noodseine uit te stuur.

Die dilemma waarmee Pearly Beach se noodhelpers dus worstel is onmiddellike mediese versorging. Hulle sit met ‘n noodhulpkamer sonder fondse, subsidies of personeel.

Die noodhulpkamer beskik ook nie oor ‘n locumtenens (‘n geneesheer wat uithelp) nie. Die susters van die Eluxolweni Kliniek besoek die kliniek elke Dinsdag.

Hoewel hulle baie behulpsaam is, kan hulle nie verantwoordelikheid neem vir dié noodeenheid nie.

Die noodhulpkamer dien as ‘n “Dorpskliniek” wat sonder vergoeding en enige vorm van Staatsubsidies deur vrywilligers bedryf word. Al waarop hulle kan staatmaak is donasies en fondsinsamelings vir toerusting en noodsaaklike voorraad.

Hulle werk nou saam met Overstrand Medical Response (OMR) van Cassie Carstens en Riaan Buys, asook met Gansbaai se mediese praktyke.

Gansbaai se mediese praktisyns het ook hulle hande vol - veral gedurende die Kersseisoen.

“Ons het hoë waardering vir wat die noodhulpkamer met bykans niks tot hulle beskikking vermag en hulle beteken baie vir ons, wat ook ‘n privaat ambulansdiens sonder subsidies bedryf,” sê Riaan Buys van Overstrand Medical Response. “Dink ‘n mens aan die afstand van 23 km, dan is die voortbestaan van die noodhulpkamer ‘n absolute noodsaaklikheid.”

Riaan verwys ook daarna dat ‘n groot deel van die inwoners nie oor ‘n mediese fonds beskik nie, wat ‘n hoë finansiële las op ‘n pasiënt plaas indien ‘n mediese dokter wel daarheen ontbied sou word. Die noodhulpkamer is nie by magte om rekeninge te hef nie.

Die gebou wat destyds vir hierdie doel beskikbaar gestel is, is wel ‘n munisipale gebou, maar die inwoners het destyds R50 000 as hulle deel van die kostes ingesamel.  Hulle betaal ook self die munisipale rekening.

Hul grootste probleem is na-ure (snags en naweke).

Soms is daar twee tot drie nagnoodgevalle.  Dit stel  die vrywilligers se eie lewens in gevaar as gevolg van die hoeveelheid inbrake en aanrandings wat tans hoogty vier.

Die noodkreet by Pearly Beach se Noodhulpkamer  is dus nie sonder rede nie – hulle sit met die hande in die hare.

Dringende hulp, ondersteuning, borgskappe, donasies en meer vrywilligers is hoog op die prioriteitslys.

Die twee vrywilligers hoop dat ‘n afgetrede mediese dokter bereid sou wees om samaritaanswerk op ‘n uithelpbasis te verrig.

Indien enige iemand die twee vrywilligers op welke wyse ook al kan ondersteun, kan hulle die volgende nommer skakel:

Ilse Keet by 083-962-4719, of stuur ‘n e-pos aan haar by ilsekeet@gmail.com.

Noodseine vanaf Pearly

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant