Dr Lisel stel kleurmeditasie bekend

Dr Lisel stel kleurmeditasie bekend

Gansbaai Courant

Dr Lisel Joubert, ‘n plaaslike teoloog, wat in 2013 met die Desmond Tutu-Gerrit Brandprys  vir debuutwerk bekroon  is, het Donderdag, 10  November 2016, die laaste een van haar nuwe reeks boeke vrygestel.

Die boek, Kleurmeditasies vir Kerstyd (Geloofsgedagtes), is tydens ‘n geselligheid by Gansbaai Book Exchange van Nicolette Bosch bekend gestel.

Lisel het in 2016  aan die reeks van vier inkleurmeditasieboeke begin werk.

Soos die res van die reeks, is die boek gevul met handgetekende gebedsprente deur Nico Simpson van Bybelmedia.

Die vorige drie uitgawes in die reeks is Kleurmeditasies vir Lydenstyd en Pase (Februarie 2016), Kleurmeditasies vir Pinkster (Mei 2016) en Kleurmeditasies vir Koningkrykstyd (Augustus 2016).

“Ek glo dat hierdie reeks inkleurmeditasieboeke met vrug deur die jaar gebruik kan word,” het Lisel gesê. “Die Kersfees weergawe wat nou verskyn het, kan die gebruiker van die boek by die verlange en viering van Advent en Jesus se vleeswording laat stilstaan.”

Elke boek bestaan uit negentig meditasies, waartydens lesers stiltyd kan deurbring. “Sodoende word die hele liggaam by die stilwordmoment van elke dag betrek.”

In 2015 het Lisel nog ‘n boek die lig laat sien: God van die Woestyn - ‘n ruimte van ontmoeting, verrassing en hoop, waarin daar nuut na die verhaal van Hagar gekyk word.

Lisel is een van Gansbaai NG-gemeente se voltydse leeraars.

Die titel van haar eerste, bekroonde boek was Ontmoeting met die Heiliges - Verhale van hoe mense hulle geloof geleef het.

Dr Lisel stel kleurmeditasie bekend

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant