Tuine is sy passie

Tuine is sy passie

Gansbaai Courant

“Wanneer ek buite in ‘n tuin is, klop my hart warm, al my drome word waar en ek is ‘n gelukkige mens!” Reuben du Toit praat geesdriftig terwyl sy grassnyer dreun, dis ‘n koue, onplesierige dag, al wat ‘n mens is skuil binne, maar hierdie jong man sny gras, hy het ‘n hele paar grasperke wat wag, en sy klante moet tevrede wees. Die tuine moet netjies gehou word! 

Reuben het net meer as 3 jaar gelede Gansbaai toe gekom. Toe maar 22 jaar oud. Daar was by hom geen twyfel nie; hy wou ‘n tuindiens begin en het trots die naam R & J du Toit op sy wit bakkie geplak. Gou-gou het sy eerste grassnyer gedreun en huiseienaars het mekaar van die “vriendelike jong man” begin vertel.

En nou, drie jaar en twee maande later, het hy ‘n nuwe projek aangepak: “Ek glo die lewe is soos ‘n leer, ‘n mens begin onder, maar jy moet klim en met die bou van ‘n klein buite-braaiplek op Baardskeerdersbos, is ek ‘n paar sporte hoër teen die leer op! My klant is tevrede, ek dink dit lyk goed en ek kon die werk in twee dae klaar maak – al het ons Saterdagaand 6uur eers in wind en reën die laaste kruiwa sand weggery om die tuin skoon en netjies agter te laat!”

Hy kyk trots na sy handewerk en een ding is duidelik: Tuinmaak is Reuben du Toit se passie!

Skakel hom gerus by 082 675 7926.

Tuine is sy passie

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant