Seevroue neem afskeid met ‘n traan

Seevroue neem afskeid met ‘n traan

Gansbaai Courant

Die Kleinbaai See-en-Teekring het 2016 op ‘n gesellige noot tydens hul byeenkoms op Woensdag, 2  November 2016 afgesluit - maar ook met ‘n traan in die oog.

Hulle het afskeid geneem van Bertha Brits wat vir die afgelope tien jaar as voorsitter gedien het. Sy sal wel as lid aanbly en gereeld as ‘n gasvrou ingespan word.

Kleinbaai See-en-Teekring is sowat 27 jaar gelede op 19 Februarie 1989 deur dertien vroue gestig met die doel om sommer net rustig saam te kuier. Aanvanklik het hulle in ‘n huis bymekaar gekom, maar met die aanwas van lede na sowat vyftig, het hulle na Overberg Boothengelklub se saal verskuif.

Hul byeenkomste het ook nie net by saamkuier gebly nie, maar is gekenmerk deur vele interessante en leersame aanbiedinge.

Hoogtepunte gedurende 2016 is onder andere: ‘n Praatjie oor walvisse en die jaarlikse telling van hierdie reuse diere; ‘n lente sangkompetisie; ‘n besoek aan Groeneweide Kwekery om meer oor skilpadbewaring en hul eetgewoontes te leer.

Seevroue neem afskeid met ‘n traan

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant