Groot avontuur vir jongklomp

Groot avontuur vir jongklomp

Gansbaai Courant

‘n Groot voorreg van drie dae weg en twee nagte se oorslaap het leerders van Gansbaai Primêr in Blompark en Laerskool Okkie Smuts in Stanford te beurt geval.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad se projek, ‘Kids in the Park,’ het leerders van tien laerskole vir hierdie avontuur uitgenooi.

Gansbaai Primêr, hier op eie bodem, het sestig leerders gekeur, wat op 24 Oktober 2016 vir hulle driedaagse avontuuruitstappie vertrek het. Hulle is met ‘n luukse bus van SanParke, onder toesig van Allison Appel (Senior Mense- en Bewarings beampte) na Bosheuwel, naby Agulhas Nasionale Park, vervoer.

Twee van die skool se leerkragte, Harry Tobias en Anine Volkwyn, het die leerders vergesel.

Op die eerste dag, op pad na Bredasdorp, is hulle ingelig oor kulturele erfenis- en geskiedenisaspekte. Die eerste stop was by Bredasdorp se Skeepswrakmuseum en daarna die Lighuis in Agulhas, Afrika se mees suidelike punt.

By Bosheuwel, waar die groep se slaapgeriewe was, is verskeie aktiwiteite aangebied, soos: ‘n Stap na die Top van Afrika (Rasperpunt), besoeke aan Struisbaai se hawe en die getypoele by L’Agulhas en ‘n nagtelike staproete.

Dag twee is gekenmerk deur onder andere: Lesings oor voëls, plantidentifikasies en water, met ‘n besoek aan die ‘Wetlands’. Die kanoritte, ‘kayaking’ het natuurlik groot opwinding aan die leerders besorg.

Die Soutpanne is ook te voet besoek en die groep het hulle laaste aand met ‘n ‘Last Night’ konsert en musiekspeletjies hul uitstappie van drie dae afgesluit.

‘Kids in the Park’ is ‘n omgewingsopvoedkundige program deur SanParke, wat in samewerking met die Departemente Omgewingsake en Basiese Onderwys, asook Pick ‘n Pay aangebied is.

Die doelwit was om leerders binne ‘n radius van 50 kilometer vanaf Agulhas Nasionale Park die geleentheid te bied om die wonder van die natuurlewe en kulturele erfenis te ontdek en ook om bewaringsetiek by hulle te skep.

Groot avontuur vir jongklomp

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant