Gansbaai Courant

Hoë punte vir fotograwe se moeite

Hoë punte vir fotograwe se moeite

Gansbaai Courant

Die voedselfotografie opleiding deur Robert Johnson van Gansbaai Fotografieklub het tydens die klub se laaste byeenkoms op Maandag, 7 November 2016 uitstekende foto’s tot gevolg gehad.

‘n Groot verskeidenheid goed beplande voedselfoto’s is tydens die byeenkoms vertoon en beoordeel. Die meerderheid van die foto’s het die monde behoorlik laat water.

“Ek gee hoë punte vanaand, aangesien dit duidelik is dat die lede moeite gedoen het om uitstekende foto’s te neem,” het Robert Johson gesê. “Dit is die verskil tussen ‘neersit’ en afneem, teenoor deeglike beplanning vir ‘n goeie foto.”

Terselfdertyd is foto’s in die oop kategorie ook vertoon en beoordeel.

Sommige van die diere- en voëlfoto’s kan met die TV-program 50/50 se foto’s vergelyk word.

Intussen het Gansbaai Fotografieklub se Algemene Jaarvergadering plaasgevind en 2017 se Bestuur is verkies.

Hulle is Veronica du Plessis (voorsitter), Nelleke van der Brugge (sekretaris en tesourier), Robert Johnson (opleiding en beoordeling), Marc du Plessis (media) en Riaan Jacobs (uitstappies en publisiteit).

Hoë punte vir fotograwe se moeite

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant