Wynproegilde geniet hul wyn

Wynproegilde geniet hul wyn

Gansbaai Courant

Geen proewery aan wyne nie - nee, die keer is die wyn net gedrink en geniet tydens Gansbaai Wynproegilde se jaarafsluiting op Vrydag, 18 November 2016 in die Great White House, Kleinbaai.

Die wyne vir die funksie is deur Theuns Roodman en Erhard Roothman geskenk en hulle het seker gemaak daar is genoeg vir ‘n gesellige jaarafsluiting.

Die funksie het terselfdertyd as Algemene Jaarvergadering gedien. Na volledige verslagdoening is die 2016 bestuurslede, op een na, vir 2017 herkies: Theuns Roodman (voorsitter), Daan Oosthuizen (tesourier) en Anne-Marie de Witt (administrasie) in die plek van Amanda de Vries, met addisionele lede Steve Donnelly en Hardus Botha. 

“Dit was vir die afgelope agt jaar ‘n voorreg om deel te kon wees van Gansbaai Wynproegilde wat deur my eggenote, wyle Helmie de Vries begin is,” het Amanda de Vries, wat besluit het om nie meer deel van die bestuur te wees nie, gesê.

Gansbaai Wynproegilde, die mees suidelike wynproegilde in die land, is agt jaar gelede op Dinsdag, 11 November 2008 deur wyle Helmie de Vries gestig.

Helmie het as voorsitter tot en met sy afsterwe op 16 Julie 2014 gedien en sedertdien het Gansbaai Wynproegilde net van krag tot krag gegroei.

Wynproegilde geniet hul wyn

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant