Noodhulp vir troeteldiere

Noodhulp vir troeteldiere

Gansbaai Courant

Noodhulpkennis is nie net van uiterste belang vir mense nie, maar ook vir toepassing op troeteldiere.

Daarvan het die lywige kursushandleiding getuig tydens die opleiding van vrywilligers van Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC). Die kursus is Maandag, 21 November 2016 in Gansbaai Toerisme se konferensiesaal aangebied.

Die entoesiastiese kursusgangers, wat elk ‘n sertifikaat ontvang het, is Sammy Thomson en Sheryll Steyn, asook Doulene Els van Gansbaai Toerisme. BARC se veldwagter, Nols Jonas het ook sy kennis verbreed en die kursus meegemaak.

Die kursus, Primary and Secondary Care for Dogs, is deur Annalie Jonker van BARC gereël en is deur Marius Coetzee, ‘n instrukteur van  MJ  First Aid Training, aangebied.

“Die kursus, The Canine First Course, is die enigste kursus wat deur die Emergency First Response (een van die grootste gesertifiseerde agentskappe in die wêreld wat opleiding in Noodhulp en CPR op diere aanbied) goedgekeur is,” het Annalie gesê. “Die twee vrywilligers wat die kursus deurloop het, is mense wat BARC se hokke gereeld besoek, help skoonmaak en met die honde gaan stap.”

In kort behels die kursus die volgende: Asemhalingspro-bleme, verstikking, ernstige bloeding, skok, gebreekte ledemate, rugbeserings en die behandeling van wonde.

Die sertifikate wat oorhandig is, is vir twee jaar geldig, waarna daar ‘n opvolgkursus aangebied sal word.

Noodhulp vir troeteldiere

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant