Halfeeu vir Tarzan en sy Jane

Halfeeu vir Tarzan en sy Jane

Gansbaai Courant

Neville de Bruyn (78), alias ‘Tarzan’ en sy eggenote Helena, alias ‘Tannie Jane’, sal op 17 Desember 2016 ‘n volle halfeeu in die eg verbind wees. 

As jongman het Neville in Goodwood rugby gespeel, maar het later op amateurstoei gefokus. Hy het die Westelike Povinsie verskeie kere verteenwoordig.

Sy afrigter was wyle Abraham Geldenhuys wat Suid-Afrika tydens die Statebond Spele in die laat 1950’s verteenwoordig het.

Neville het later self ook stoei afgerig.

Neville se stoeitalent, asook sy gewildheid onder sy vriende, het hom jare gelede die bynaam van “Tarzan” op die hals gehaal. Sy seun, Jaco, het in sy pa se stoeispore gevolg en het vanselfsprekend die bynaam van “Klein Tarzan” gekry. Met Helena as “haar” stoeiers se spanbestuurder, het sy spontaan as “Tannie Jane” bekend gestaan.

Neville is in Parow op 23  Oktober 1938 as die enigste kind van die gesin gebore en het in Kaapstad skoolgegaan. Op 17 Desember 1966 lui die huweliksklokkies vir hom en Helena.

Neville het homself as ‘n metaalwerker (shopfitter) bekwaam. Onder andere was veral vlekvrye staal en brons destyds baie in gebruik. Daar pryk vandag nog van sy handewerk in die parlementsgebou in Kaapstad, asook in ander stede in Suid-Afrika.

Ná sowat sestig jaar as ambagsman, ken hy die fynere kuns van sy beroep op die punte van sy vingers.

Sowat dertien jaar gelede het hy by die voormalige eienaars van R & R Aluminium, Raymond en Rosa Rabe begin werk. Op 78-jarige ouderdom werk hy steeds by die firma, saam met die nuwe eienaars, Heinrich en Maryke van Rensburg.

Neville het besluit om Desember vanjaar, wanneer die bouers sluit, finaal die tuig neer te lê, of is dit nou die “tools” neer te lê?

“Ek gaan myself besig hou as ‘nutsman’ by ons huis en verder net ‘n lang en welverdiende vakansie tuis geniet,” het hy gesê.

Saterdag, 17 Desember 2016, op hul huweliksherdenkingsdag, is hulle gelukkig genoeg om die spesiale dag saam met al vier hulle kinders en sewe kleinkinders deur te bring. Die oudste kleinkind het vanjaar matriek geskryf en die jongste is ‘n skamele twee maande oud.

Oupa Neville sê hy swem graag saam met die kleinkinders en hou homself fiks met fietstrap en deur met gewigte te oefen.

Halfeeu vir Tarzan en sy Jane

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant