“Net ‘n oomblik” Dis al wat GOD nodig het!

“Net ‘n oomblik” Dis al wat GOD nodig het!

Gansbaai Courant

“Juis op daardie oomblik het sy nader gekom en GOD gedank en oor die Kindjie gepraat met almal wat na die verlossing van Jerusalem uitgesien het.” (Luk 2:38) 

“Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.”

Van daardie oomblik af was die vrou gesond.” (Mat 9:22)

“in een enkele oomblik....” kan iets gebeur wat jou lewe radikaal verander. Siekte, ’n ongeluk, iemand wat jou pad kruis, of ’n oomblik wat jy jou humeur verloor en ’n verhouding van jare vernietig. Hierdie oomblik, terwyl jy nou hierdie gedeelte lees, kan jou lewe verander as jy net wil besef dat GOD besig is om te werk. GOD het net een oomblik nodig om te laat gebeur wat Hy wil.

Dit was dieselfde met Jesus se geboorte –  dit was:  “net ‘n oomblik!”

In ‘n oomblik het GOD mens geword en onder ons kom woon!

In ‘n oomblik het Maria besef sy is swanger – van die Gees!

In ‘n oomblik het die Almagtige, wat onaantasbaar is, Homself as ‘n brose baba, in ‘n krip neergelê – vir ‘n oomblik mens geword!

In ‘n oomblik het Hy wat groter as die heelal was – ‘n embrio geword!

Netso kan GOD in een oomblik jou hele lewe verander!

Besef ons regtig wat gebeur het in Betlehem? GOD kon nie langer toesien dat die wêreld en Sy kinders ‘n oomblik langer in die modderpoel van sonde bly spartel nie. Hy kon nie ’n oomblik langer wegbly van die aarde en al sy seer en nood nie! GOD het in ‘n oomblik Immanuel  geword – GOD met ons! Net vir ‘n oomblik wou GOD ons laat weet dat Hy verstaan waardeur ons moet gaan – Hy het elke oomblik van ons pyn, hartseer, ongeluk, ons frustrasies, ons verkoue, ons gevoelens verstaan – elke oomblik!

En weet jy wat, my vriend, vriendin? GOD het  “net ‘n oomblik” nodig in jou lewe! Een enkele oomblik wat jy na Hom toe moet draai en Hy sal die verskil maak in jou toekoms – jou vir ewig red en laat leef! GOD wil in een oomblik jou wegruk uit jou sondige bestaan en jou ‘n nuwe lewe van bevryding en hoop gee – as jy net wil raaksien dat die geboorte van Jesus ook spesiaal vir jou gebeur het.  GOD het net ‘n oomblik nodig om jou vir altyd  te verander!

Draai NOU met al jou probleme en vrae na Hom – Hy is daar! Gee NOU, in hierdie oomblik, jou lewe heeltemal terug aan Hom en sien hoe Hy jou lewe verander - na vrede, geluk en voorspoed!

Gee vir ‘n oomblik net oor!

Daar sal nog só ‘n oomblik kom – wanneer die hemel vir jou en my oopgaan – en ons Jesus voor ons sien staan!

 Daardie oomblik sal ons weet: GOD wil alles aan ons in oorvloed gee!

Moenie hierdie oomblik laat verbygaan nie!

“Net ‘n oomblik” Dis al wat GOD nodig het!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant