Gansbaai Courant

‘Toy Run’ lok ‘n talle omgee-ryers

‘Toy Run’ lok ‘n talle omgee-ryers

Gansbaai Courant

‘n Massaoptog met meer as 800 motorfietse, almal met een doel voor oë:  Liefdadigheid.

Dit was die onvergeetlike gesig van vanjaar se “Toy Run” wat laat in November vanjaar in Stanford geëindig het.

Meer as agthonderd motorfietsryers het uit alle windrigtings in die Overbergstreek, asook uit die Kaap aangekom.

Ryers van omliggende dorpe soos Gansbaai, Hermanus, Caledon en Bredasdorp het die res van die groep by Van Brakel Stoor ontmoet. Vandaar het hulle in hul honderde in ‘n  massa saam na Stanford vertrek.  Die klank, die samehorigheidsgevoel, die massa vrolike, sagte speelgoed en die getal ryers het toeskouers trane in hul oë laat kry.

By die bymekaarkomplek in Stanford is die speelgoed, wat aan die motorfietse vasgemaak was, op ‘n veteraan Ford-bakkie gelaai, vanwaar dit in die Overberg versprei is.

Liefdadigheidsorganisasies soos Stanford en Hermanus se Rotariërs, asook Bredasdorp en Gansbaai se Lions klubs was verantwoordelik vir die verspreiding van die speelgoed in hul onderskeie areas.  

‘Toy Run’ lok ‘n talle omgee-ryers

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant