Germishuyse hou 35ste familiefees

Germishuyse hou 35ste familiefees

Gansbaai Courant

Die eerste familiefees van Gansbaai se Germishuys-familie is vroeg in Desember in 1981 gehou - 35 jaar gelede. Tydens daardie fees het oupa Willem (Vales) Germishuys, ‘n visserman van Gansbaai, 80 jaar oud geword.

“Ná sy afsterwe het die familie (bestaande uit Vales se seuns en dogters) besluit om jaarliks met die fees voort te gaan,” vertel Hennie Pienaar. “Later het dit ‘n gewilde familie-byeenkoms geword waar familie met hul jong nasate, jaarliks vanoor die hele land na wyle Willem en Lada Germishuys se huis kom vir die feesvieringe.”

Die derde geslag van oupa Vales Germishuys is nou al deel van dié fees wat jaarliks van krag tot krag groei. Vrydagaand het die verrigtinge afgeskop met ‘n tradisionele snoekbraai.

Saterdag, die groot dag, begin vroeg met ‘n verskeidenheid van speletjies en kompetisies, waaraan oud en jonk ewe geesdriftig deelneem. Met vanjaar se fees was die tema: “Natuur”.

Vrae oor die natuur was aan die orde van die dag met geskenke so reg uit die natuur.

‘n Spesiale wisseltrofee vir die kompetisies is elke jaar op die spel.

Teen die aand, met skaapvleisgeure wat in die lapa gehang het, is die wenner aangekondig: ‘n Verrassing het gevolg met die wenner as die jonge Tiaan uit die derde geslag. Tiaan is die seun van Chris Esterhuizen, wat weer die oudste kind is van die oudste dogter, San Esterhuizen van Williston.

In die tweede plek was Francois Fraser, skoonseun van Grietha, die derde dogter van Vales Germishuys. In die derde plek was Ria, die derde oudste dogter wat vanjaar 80 jaar oud geword het.

Die hele familie het Sondag-oggend vroeg die kerkbanke in Baardskeerdersbos se NG-kerk vol gesit.

Na ‘n heerlike middagete het hulle na hul onderskeie bestemmings vertrek, net om mekaar DV volgende jaar weer hier te ontmoet.

Germishuyse hou 35ste familiefees

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant